[:en]We keep on talking about position size but what does it actually mean? The size of your position is nothing other than the number of contracts you trade on CFD’s or the number of shares you buy on equities. In other words, the exposure you have to one instrument in a trade. A risk strategy is key in trading or investing if you don’t want to wipe your account.

When we talk about investing we mean the actual shares/equity you buy and sell, and when we talk about CFD’s, you buy/sell contracts but the underlying instrument reflects the actual share.

If you want to understand CFD’s a little more then please feel free to watch this video here: https://frans-de-klerk-independent-technical-analysts.ck.page/a4416e79f8

In this post, we want to talk about position size for CFD’s. We are going to try to keep it as simple as possible.

Step 1. Determine your risk factor. Let’s say you have R10 000 in the account and let’s say you decide to risk 3% of your capital on every trade you take. This means 3% of R10 000 = R300. This is the amount you are prepared to risk on every trade you take. As a beginner, you make this even smaller and start with a 2% risk factor.

Step 2. Determine and set your stop loss. Look at the graph for your instrument of choice and establish where you would implement your stop loss. You can use support/resistance levels, moving averages, Bollinger bands, and any other indicator to determine the stop loss level. Let’s say you want to enter this share at R100 and you have identified your stop loss level as R82 which means you will have a stop loss of R18 (R100 minus R82) per share. Assuming this is a long position and you believe the instrument is going to go up.

Step 3. Quantify the number of contracts. Take the R300 amount you have calculated in step 1 and divide that by R18 per share which will give you the number of contracts you are prepared to take on this trade. In this case, R300/18 = 16.666 and we usually round the figure off which means we are going to open 16 contracts on this CFD trade. Why? Because the maximum amount we want to lose on any trade is R300. You will NEVER win on every trade and if you do let me know what juice you are drinking. The successful traders aim to have more wins than losses.

If you are still not sure how to determine your position size to trade CFD’s then please send us an email at admin@fransdeklerk.com[:AF]Ons praat voortdurend oor posisie grootte wanneer jy CFD’s verhandel, maar wat beteken dit eintlik? Die grootte van ‘n posisie is niks anders as die aantal kontrakte wat jy op CFD's verhandel of die aantal aandele wat jy op ‘n slag koop nie. Met ander woorde, die blootstelling aan een instrument in 'n transaksie. 'n Risiko strategie is die sleutel tot suksesvolle verhandeling, indien jy wil seker maak dat jy nie jou rekening uitwis nie.

As ons oor belegging praat, bedoel ons die werklike aandele / ekwiteit wat jy koop en verkoop, en as ons oor CFD's praat, verwys ons na die aantal kontrakte wat verhandel word, terwyl die onderliggende bate wel die werklike aandeel verteenwoordig.

As jy meer van CFD's wil leer kyk gerus na ons video by: https://frans-de-klerk-independent-technical-analysts.ck.page/a4416e79f8

In hierdie artikel wil ons posisie grootte van CFD verhandeling verduidelik. Ons gaan probeer om dit so eenvoudig moontlik te hou.

Stap 1. Bepaal jou risikofaktor, in hierdie geval 3%. Gestel jy het R10 000 in die rekening en jy besluit om 3% van jou kapitaal te waag op elke transaksie. Dit beteken 3% van R10 000 = R300. Dit is die bedrag wat jy bereid is om te verloor indien die transaksie nie uitwerk nie. As beginner kan jy dit dalk nog kleiner maak en selfs dalk 2% oorweeg.

Stap 2. Bepaal en stel jou keerverlies. Kyk na die grafiek van die instrument en bepaal waar jy wil uitklim as die transaksie nie werk nie. Gebruik sterk steun – of  weerstandsvlakke, bewegende gemiddeldes, Bollinger-bande en enige ander aanwyser om die keerverliesvlak te bepaal. Gestel jy wil lank (koop) gaan teen R100 en jy het jou keerverlies vlak geïdentifiseer by R82, wat beteken dat jy ‘n R18 (R100 minus R82) verlies per kontrak gaan neem sou dit nie uitwerk nie.

Stap 3. Bepaal die aantal kontrakte (CFD’s) wat jy moet verhandel. Neem die bedrag van R300 wat jy in stap 1 bereken het, en deel dit deur die R18 per aandeel, wat jy in stap 2 bepaal het. In hierdie geval is R300 / 18 = 16.666. Ons rond gewoonlik af, wat beteken dat ons 16 kontrakte vir hierdie CFD-transaksie gaan neem by R100 per aandeel. Hoekom? Omdat die maksimum bedrag wat ons op enige transaksie wil verloor, R300 is. Nie elke transaksie gaan ‘n wen wees nie.  Maar as jy nie gierig is nie en jou tegniese kerse en indikatore ken behoort daar meer wenners as verloorders te wees.

Indien daar steeds vrae is, voel gerus om ons te epos by admin@fransdeklerk.com[:]