Blog

Discovery

Discovery is ‘n finansiële dienste groep. Hulle staan bekend as die maatskappy wat mense gesonder maak omdat hulle ‘n gesonde lewenstyl beloon, sodat individue baat kan vind by hul mediese fonds, beleggings, versekerings- en aftreeportefeuljes produkte. Hul tussentydse resultate vir die 6 maande geëindig Desember 2017 het ‘n toename van 19% in wins uit bedrywighede vir die groep gerapporteer. Discovery Health het ‘n styging van 12% in bedryfswins gerapporteer en Discovery-kaart se besigheidsinkomste het met 7% gestyg. Hierdie aandeel is…

Read More

Phumelela

Om kanse te waag op perde is ouer as wat almal kan dink. Perde wedrenne is ‘n baie groot besigheid. Daar word gemiddeld 450 wedrenne gehou per jaar. Phumelela besit die regte om hierdie totalisators te bedryf. Hulle doen nie net plaaslik besigheid nie, maar het ook ooreenkomste met talle ander kontinente. Phumelela is dus in kort ‘n middelman wat die “wed” fasiliteer en ‘n fooitjie hef ongeag of die wedder verloor of wen. Hulle onlangse resultate toon dat hulle…

Read More

Anglo American

Anglo American is ‘n goed gediversifiseerde mynbou maatskappy. Hulle portefeulje bestaan uit diamante (De Beers -85% belang), platinum (Anglo Platinum – 78% belang) en ystererts (Kumba – 70% belang). Van die ander metale waarin hulle ook ‘n belang het is: koper, nikkel en metalurgiese steenkool. Die afgelope week het Anglo American aangekondig dat hulle die verkoop van hul 88% in die Draytona steenkoolmyn afgehandel het in Australië. Hulle mees onlangse resultate wys dat hulle kontantvloei toegeneem het met 93%. Die…

Read More

Exxaro

Exxaro is een van die voorste swart bemagtigingsmaatskappye in die gediversifiseërde mynbou sektor in die land. Die maatskappy is nou 10 jaar oud. Hulle bestuur 6 steenkoolmyne waarvan hulle Grootegeluk myn een van die mees suksesvolste steenkoolmyne in die wêreld is. Ons verwag hulle 2017 jaarlikse resultate op die 8ste Maart 2018. Tussentydse produksie verslae bevestig dat hul produksie met 8% gestyg het en dat hulle hul kapitale uitgawes met 4% kon verminder het. Hulle het wel genoem dat hulle…

Read More

Fortress B

Fortress B is ‘n eiendomsmaatskappy wat R6,5 biljoen se eiendomme bestuur. Die maatskappy glo dat die portefeulje se waarde tot R25 biljoen kan groei. Hul belegging in Roemenië het hulle goed behandel, met ander woorde die maatskappy verkies ook ‘n swakker Rand. Hulle betaal ‘n goeie dividend (huur inkomste). Die laaste uitbetaling was rondom 7%. Die verlede het bewys dat die eiendomsmaatskappy van die beter betalers van dividende is indien hulle met van die ander eiendomsmaatskappye vergelyk word. Die weeklikse…

Read More

Standard Bank

Standard Bank is een van die grootste banke in Suid Afrika en het bedrywighede in meer as 20 lande regoor Afrika. Hulle het meer as 54 000 werknemers. Hulle twee grootste aandeelhouers is die Industrial and Commercial Bank of China wat 20% besit en die Openbare Beleggingskorporasie besit 12.5%. Hulle doen ook sake onder die handelsnaam Stanbic Bank. In 2002 het Standard Bank 90% van Uganda Commercial Bank, die grootste kommersiële bank in Uganda, verkry. Hulle het die bank Stanbic Bank…

Read More

EOH

EOH is Suid Afrika se grootste informasie en kommunikasie tegnologie verskaffer. Gedurende Desember 2017 het die aandeel onder erge verkoopdruk deurgeloop toe spekulante omkant gevang was met die skielike daling en nodeloos van die posisies moes sluit. Wanneer beleggers soms glo dat aandele nie net kan daal of styg nie, neem hulle posisies deur rathefboom finansiering toe te pas. Rathefboom finansiering is nie ‘n probleem wanneer die aandeel in die spekulant se rigting beweeg nie, maar indien dit teen die…

Read More

South 32

South32 is ‘n gediversifiseerde mynbou en minerale maatskappy is genoteerd in Suid Afrika, Londen en Australië. Die maatskappy het sy ontstaan gehad toe Billiton beskuit om hul Suid Afrikaanse belange apart te noteer. In November 2017 het South32 ook besluit dat hulle soos Anglo American, hulle steenkool besigheid (South African Energy Coal – SAEC) as ‘n aparte sake eenheid sal sien en bedryf. Die prys verdienste van 10 en die dividend opbrengs van 3% is steeds aantreklik. Hierdie skuif sal…

Read More

Goldfields

Daar is byna geen analis wat bekommerd is oor die stand van die Amerikaanse ekonomie nie. Die Amerikaanse indeks (SP500) loop nou al vir meer as 500 dae na bo sonder dat daar ‘n korreksie van meer as 5% plaasgevind het. Dit bevestig opwaartse momentum en optimisme jeens daardie markte. Tegniese analiste is altyd bekommerd as almal te gemaklik is met die stand van sake, want dit is reeds dan wanneer markte skielik kan verbaas met ‘n beweging wat niemand…

Read More

Suiker is soet – Tongaat

Tongaat Huletts het onlangs die tweede plek behaal in TGI (Target Group Index) se ikoniese handelsnaam van Suid Afrika opname. Hierdie soet handelsnaam is die suiker in ons koffie en die mielies in ons pap. Tydens seisoen tye neem hulle tot 38 221 mense in diens in ses verskillende land in Afrika. Hulle word gesien as leiers in die volhoubare gebruik van water volgens die Water A-lys deur die CDP Groep. Die interim resultate vir die 6 maande geindig September…

Read More