[:en]

Anglo American is ‘n goed gediversifiseerde mynbou maatskappy. Hulle portefeulje bestaan uit diamante (De Beers -85% belang), platinum (Anglo Platinum – 78% belang) en ystererts (Kumba – 70% belang). Van die ander metale waarin hulle ook ‘n belang het is: koper, nikkel en metalurgiese steenkool. Die afgelope week het Anglo American aangekondig dat hulle die verkoop van hul 88% in die Draytona steenkoolmyn afgehandel het in Australië. Hulle mees onlangse resultate wys dat hulle kontantvloei toegeneem het met 93%. Die groep se EBIDTA (verdienste voor belasting, rente, afskrywings en amortisasie) staan op 45%. Kumba se produksie het weereens verbeter met 8%. Anglo American se algehele produksie het dus met 5% verbeter meesal aangedryf deur De Beers wat met 22% toegeneem het. Anglo American Platinum het ook verras met ‘n betaling van ‘n dividend (R3-49), die eerste in 6 jaar.

Laat weet indien daar vrae is.

 

 [:AF]Anglo American is ‘n goed gediversifiseerde mynbou maatskappy. Hulle portefeulje bestaan uit diamante (De Beers -85% belang), platinum (Anglo Platinum – 78% belang) en ystererts (Kumba – 70% belang). Van die ander metale waarin hulle ook ‘n belang het is: koper, nikkel en metalurgiese steenkool. Die afgelope week het Anglo American aangekondig dat hulle die verkoop van hul 88% in die Draytona steenkoolmyn afgehandel het in Australië. Hulle mees onlangse resultate wys dat hulle kontantvloei toegeneem het met 93%. Die groep se EBIDTA (verdienste voor belasting, rente, afskrywings en amortisasie) staan op 45%. Kumba se produksie het weereens verbeter met 8%. Anglo American se algehele produksie het dus met 5% verbeter meesal aangedryf deur De Beers wat met 22% toegeneem het. Anglo American Platinum het ook verras met ‘n betaling van ‘n dividend (R3-49), die eerste in 6 jaar.

Laat weet indien daar vrae is.[:]