Met verloop van tyd en deur baie samesmeltings en oornames bedryf die SPAR Groep 6 verspreidingsentrums en 1 "Build-It" verspreidingsentrum, wat goedere en dienste lewer aan meer as 1 000 SPAR winkels in Suider-Afrika. SPAR International word verteenwoordig in 48 lande met 242 verspreidingsentrums en bedien 13,5 miljoen kliënte per dag. Hul jongste finansiële resultate vir die ses maande wat in Maart 2018 eindig, het 'n toename van 5,3% in inkomste en 'n 13,8% toename in wesensverdienste per aandeel gerapporteer.

·         'n Moontlike dubbellaagte (positief) sal bo lyn A (R177-30) bevestig word. Die teiken van die formasie indien dit sou uitspeel, is R188-40.

·         Onder R166-30 kan ons aanneem dat die momentum na onder sal voortduur.

·         Die 9 dae bewegende gemiddelde (groen lyn) het begin omdraai en slegs wanneer die 9 dae bewegende gemiddelde opwaarts deur die 26 dae bewegende gemiddelde breek, sal dit die optimisme bevestig.

·         Die MACD het opwaarts gebreek wat die moontlike optimisme vir meer momentum na bo bevestig.

·         Vir spekulante - Koop en/of oorweeg 'n lank bo lyn A (R177-30), maar gebruik R166-30 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R179-94, R181-56, R182-87, R184-18, R186-04 en R188-40.

·         Vir medium tot langtermyn beleggers. Die aandeel is oorverkoop op die weeklikse grafiek en tegnies sal die eerste teken van verdere sterkte sigbaar wees bo R177-60 op 'n weeklikse vlak en onder R166-19 kan ons aanvaar dat die momentum na die onderkant voort kan duur.

Laat weet indien daar vrae is

Frans & Christelle