Quilter batebestuurders is genoteer toe die welvaart been van Old Mututal ontbondel het. Hulle bestuur meer as £100 miljard van beleggings namens meer as 900 000 kliënte, en bedryf een van die grootste “rykdom” markte in die wêreld. Hul finansiële resultate vir die tydperk geëindig Junie 2018 het 'n toename van 2% in bates onder bestuur gerapporteer. Wins voor belasting het met 16% gestyg.

·         Die aandeel is oorverkoop op die stogastiese aanwyser wat die waarskynlikheid van 'n herstel lopie ‘n groter moontlikheid maak.

·         Die eerste teken van tegniese momentum sal slegs sigbaar wees bo lyn A (R23-26) en onder R22-75 kan ons aanvaar dat die momentum na onder sal voortduur.

·         Die tweede bevestiging van verdere opwaartse momentum sal sigbaar wees bo lyn B (R24-52).

·         Daar is 'n venster wat wag tussen R23-26 en R23-40.

·         Die “elke donkerwolk het ‘n silwer randtjie” kers (moontlik positief) gee die idee dat beleggers nader staan nadat die aandeel die afgelope 6 weke erg onder druk was.

·         Vir spekulante - Koop of oorweeg 'n lank bo lyn A (R23-26), maar gebruik R22-75 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R23-26 (opening van venster), R23-40 (sluit van venster), R23-87, R24-06, R24-25, R24-52 en R24-86.

·         Vir medium tot langtermyn beleggers - Die momentum na onder is steeds duidelik op die weeklikse grafiek sigbaar. Sit vir eers op jou hande.

Nota – baie onsekerheid bestaan rondom Brexit, maar as daar meer duidelikheid in tyd kom, kan beleggersvertroue weer herstel word, wat Quilter kan help.  

Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders en Christelle is ‘n ook ‘n gerigestreerde makelaar: www.fransdeklerk.com, www.chris-tell.comTwitter naam: TraderFrans