Hierdie ETF gee jou blootstelling aan die Rand teenoor die Amerikaanse dollar in jou aandele rekening. Jy sal hier in wins wees wanneer die Rand teenoor die dollar verswak.

  • Die stogastiese aanwyser bevestig die oorkoopte posisie van die Rand, wat die moontlikheid vir ‘n swakker Rand meer waarskynlik maak.
  • Hierdie ETF is vasgevang in 'n simmetriese driehoek en bo lyn B (R18-48) sal die simmetriese driehoek 'n bul wiggie bevestig. Dit impliseer dat die swakheid in die Rand kan voortduur solank lyn B 'n steun bly.
  • Die 26 & 9 dae bewegende gemiddeldes het afwaarts gebreek wat moontlik 'n sterker Rand sou kon beteken, maar aangesien dit lyk asof die korter, 9 dae bewegende gemiddelde (groen lyn) weer opwaarts wil breek deur die langer 26 dae bewegende gemiddelde (rooi lyn), sou die gemiddeldes weer na bo sou breek sal dit ‘n swakker sentiment vir die mediumtermyn belegger impliseer.
  • Onder lyn A (R18-26) kan ons 'n sterker Rand verwag.
  • Vir spekulante – Koop of oorweeg ‘n lank bo R18-55 maar gebruik R18-10 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R18-66, R18-70, R18-95, R19-05 en R19-23.
  • Vir medium tot lang termyn beleggers – Die 40 week bewegende gemiddelde (R15-68) is steeds ‘n steun wat beteken die lang termyn sentiment teenoor Rand is steeds ‘n swakker Rand.

Frans & Christelle