Nedbank is volgens markkapitalisasie (R44 miljard) die vyfde grootste bank in Suid-Afrika. Hul finansiële resultate vir die periode geëindig Desember 2019, het die volgende berig: wesensverdienste het met 7,3% gedaal, omset met 2,5% hoër en netto batewaarde per aandeel het met 3,7% gestyg.

  • Die stogastiese aanwyser is oorverkoop, wat die moontlikheid vir ‘n bons na bo meer waarskynlik maak.
  • Die aandeel is vasgevang in die wig tussen lyn A (R91-09) en lyn B. Die optimisme van die formasie sal bo lyn A bevestig word, wat dan 'n bul vlaggie sal bevestig, wat kan dien as 'n voortsettingpatroon vir meer momentum na bo.
  • Die 3 & 8 dae bewegende gemiddeldes het mekaar opwaarts gekruis, wat impliseer dat die korttermynsentiment teenoor die aandeel na positief verander het.
  • Onder lyn B word die optimisme van die tafel afgevee.
  • 'n Venster wag hoër tussen R142-02 en R142-29, wat kan dien as 'n moontlike teiken vir hoër vlakke.
  • Vir spekulante – Koop of oorweeg ‘n lank bo lyn A (R91-09) maar gebruik R75-80 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R96-80, R100-30, R103-15, R106-01, R110-96 en R115-23.
  • Vir medium tot lang termyn beleggers – Die 40 week bewegende gemiddelde (R184-65) op die weeklikse grafiek is steeds ‘n weerstand wat die lang termyn sentiment teenoor die aandeel negatief hou.

Frans & Christelle