Goldfields het aan die einde van Augustus aangekondig dat hulle nog 1 560 mense by hul South Deep-myn gaan aflê. South Deep het 3 614 voltydse werknemers en 1 940 kontrakteurs. South Deep is hul enigste SA myn, hulle het hierdie myn in 2006 gekoop en sedertdien het die myn nog nie 'n wins getoon nie en het dit tot dusver R32 miljard opgeëet aan “ontwikkelingskoste”. Hul jongste finansiële resultate vir die ses maande wat in Junie 2018 geëindig het, het 'n sterk finansiële posisie gerapporteer, asook 'n balansstaat wat sterk staan nadat die kumulatiewe projekuitgawes (Damang en Gruyere) van ongeveer $330m oor die afgelope 18 maande gefinansier is.

  • Die konsolidasie waaroor ons geskryf het, het verander in 'n omgekeerde kop en skouer formasie (positief).
  • Die omgekeerde kop en skouer formasie (positief) sal bevestig word wanneer die neklyn wat wag by lyn A (R36-63) in 'n steun kan verander. Die konserwatiewe teiken van die formasie is R39-10 en die volle doelwit van die formasie is R40-36 indien die volle formasie sou uitspeel.
  • Die MACD toon steeds optimisme.
  • Die 3 en 8 dag bewegende gemiddeldes het ook opwaarts gekruis wat die optimisme bevestig.
  • 'n Venster wag tussen R48 en R48-10 wat dalk iewer in die toekoms gesluit kan word.
  • Vir spekulante - Koop of oorweeg 'n lank bo R36-63, maar gebruik R34-50 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R37-51, R38-05, R38-49, R38-93, R39-55 en R40-35.
  • Vir medium tot langtermyn beleggers - 'n Moontlike dubbel laagte is bevestig op 'n weeklikse grafiek wat as positief beskou word. Die aandeel is oorverkoop op die weeklikse grafiek wat die moontlikheid van 'n herstel lopie meer waarskynlikheid maak. Doen dieselfde as spekulante indien u van die maatskappy hou. Die aandeel sal slegs weer onder R34-80 waarsku.

Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders en Christelle is ‘n ook ‘n gerigestreerde makelaar: www.fransdeklerk.com, www.chris-tell.comTwitter naam: TraderFrans