FAQ

Kers Van Die Dag Subskripsie

Hoe werk die maandelikse subskripsie van die Kers van die Dag?

Vir R300 per maand (vooruitbetaalbaar) ontvang u elke dag van Dinsdae tot Vrydae ‘n Kers van die Dag waar twee aandele en een effektetrust tegnies ontleed word. Die skrywes word per epos uitgestuur en is beskikbaar in Afrikaans of Engels. Op ‘n Saterdag ontvang u ook die week se Nuusbrief.

Is die Kers van die Dag vir intradag handelaars alleenlik?

Nee glad nie, die Kers van die Dag gee tegniese vlakke vir die intradag handelaar asook vir die medium - tot langtermyn belegger deur.

Word alle geleenthede en waarskuwings in die naweek se Nuusbrief uitgelig?

Ja deel van die R300, Kers van die Dag diens word die naweek se Nuusbrief ingesluit waar die top 40 indeks, die Rand, ‘n internasionale aandeel/indeks, die Dow Jones en ‘n lokale aandeel/indeks bespreek. Die tegniese geleethede en waarskuwings vir die medium – en langtermyn belegger word ook uitgewys.

Ek weet niks van tegniese ontleding nie, waar begin ek?

Doen ons “Introduction to Technical Analysis and the Financial Markets” kursus HIER of u begin deur in te skryf vir die Kers van die Dag. Deur die skrywes te lees en die grafieke saam met die illustrasie te bestudeer sal u gou sien hoe die formasies en kerse lyk. U gaan ook elke week ‘n gratis opleidingsvideo ontvang rakende tegniese ontleding. Die Nuusbrief sluit ook elke week ‘n tegniese opleidings paragraaf in.

Kan ek julle kontak vir ‘n tegniese opinie oor ‘n aandeel of indeks as ek ‘n ingeskrewe leser is?

Ja, as ‘n ingeskrewe leser kan u ons deurgaans epos en gebruik as tegniese klankbord vir tegniese vlakke vir enige genoteerde instrument.

Gee julle ook tegniese opinies vir buitelandse aandele?

Ja ons doen. Ons kan ‘n tegniese opinie gee vir enige genoteerde instrument op enige beurs regoor die wêreld.

Gaan ek ‘n faktuur ontvang vir my subskripsie?

Ja vir elke betaling sal u ‘n faktuur ontvang. Alle fakture word op die eerste van die maand gestuur en is betaalbaar voor of op die sewende van die maand.

Hoe kanselleer ek my subskripsie?

U kan net vir ons ‘n epos stuur voor die einde van die maand om die diens te kanselleer en seker te maak u word nie vir die volgende maand gefaktureer nie.

Is die Kers van die Dag subskripsie beskikbaar in Afrikaans of Engels?

Ja, die Kers van die Dag & Nuusbrief is beskikbaar in Afrikaans of Engels.

Hoe weet ek watter makelaarshuis om te gebruik vir my verhandelings?

Kontak ons gerus vir die verskillende platforms beskikbaar en die kostes verbonde aan elkeen vir intradag verhandeling asook medium tot langtermyn verhandeling, lokaal of internasionaal.

Hoe maak ek ‘n verhandelingsrekening oop?

U sal ‘n aansoekvorm moet voltooi en ook FICA dokumentasie stuur om ‘n verhandelingsrekening by ‘n geregistreerde FSP te open.

Hoe verhandel ek op my nuwe platvorm?

Ons sal u bystaan met die nodige opstel van die platvorms. Verduidelikings en literatuur van hoe die platvorms werk word ook verskaf.

Ek wil graag ‘n langtermyn portefeulje bou, kan julle dalk betroubare portefeulje bestuurders voorstel met goeie resultate?

Ja ons kan ‘n paar portefeulje bestuurders voorstel. Kontak ons gerus vir meer besonderhede.

Spekulasie Groep Subskripsie

Kan ek by die spekulasie groep aansluit al het ek ‘n voltydse werk?

Ja u kan, solank u direkte toegang tot ‘n rekenaar en selfoon het asook die tyd om saam met ons die grafieke dop te hou.

Wat is die Spekulasie Groep se fokus?

Deur die dag word tegniese opinies op die ALSI (verhandelbare instrument vir die top 40 indeks) per epos gestuur genoem “Thoughts on the alsi”.

‘n Amptelike sms word gestuur wanneer ‘n lank of kort geleentheid geidentifiseer is. Die Spekulasie Groep ontvang ook seine vir CFD’s, die Rand, S&P mini en mielies.

Die grootste doelwit van die groep is om te leer hoe om tegniese indikatore op die top 40 indeks te lees en te interpreteer.

Hoe kontak ek julle wanneer ek vinniger terugvoer wil kry, wanneer ek op die Spekulasie Groep is?

Die Spekulasie Groep is ‘n beperkte groep intradag handelaars wat Frans of Christelle direk via hangouts kan kontak vir enige tegniese navrae.

Is alsi (top 40 indeks) verhandeling riskant?

Ja dis uiters riskant. 1 punt beweging in die indeks is ‘n R10 beweging in u kontant balans as u direk op die JSE verhandel. Met ander woorde 100 punte teen u is ‘n R1 000 vir elke kontrak wat oop is. Wees dus uiters versigtig en moenie die alsi verhandel ,indien u nie die geld kan verloor nie.

Is daar ‘n kleiner instrument vir die top 40 indeks?

Ja daar is, dit word die almi genoem. Een punt beweging op die almi is R1 in u balans. As u ‘n beginner is, is dit die instrument waarmee u moet begin om te leer.