Kers van die Dag

Daaglikse, Kers van die Dag en weeklikse Nuusbrief subskripsie

Die Pa-en-dogter span Frans en Christelle de Klerk stuur daagliks ‘n nuusbrief uit wat die Kers van die Dag genoem word. In die Kers van die dag word twee aandele en een effektetrust tegnies ontleed, met tegniese vlakke vir geleenthede en waarskuwings, wat gemik is op die spekulant en medium tot langtermyn belegger.

Daar word ook ‘n Nuusbrief op Saterdae uitgestuur waar die top 40 indeks, ‘n lokale aandeel/indeks, ‘n buitelandse aandeel, die Rand en die Dow Jones bespreek word. Die weeklikse Nuusbrief is meer gefokus op die medium tot langtermyn belegger en heelonder aan die Nuusbrief word geleenthede en waarskuwings vir die spekulant en medium tot lang termyn belegger uitgewys.

Die Kers van die Dag en Nuusbrief is beskikbaar in Afrikaans of Engels. As ‘n ingeskrewe leser kan Frans & Christelle ook deurgaans as klankbord gebruik word vir tegniese in- en uitgaan vlakke.

Inskrywing

Die maandelikse fooi vir die subskripsie is R300 per maand. Geen kontrak word benodig nie en kennis van kansellasie word per epos versoek.

Kontak Christelle vir die verskeie verhandelings platforms en kostes wat beskikbaar is.

 

Kers van die Dag Voorbeelde

View example in English. pdf-icon (693KB)

View example in Afrikaans. pdf-icon  (767KB)

Nuusbrief Voorbeelde

View example in English. pdf-icon  (1401KB)

View example in Afrikaans. pdf-icon  (1078KB)