Blog

Grafieke praat – Nedbank

Nedbank is volgens markkapitalisasie (R44 miljard) die vyfde grootste bank in Suid-Afrika. Hul finansiële resultate vir die periode geëindig Desember 2019, het die volgende berig: wesensverdienste het met 7,3% gedaal, omset met 2,5% hoër en netto batewaarde per aandeel het met 3,7% gestyg. Die stogastiese aanwyser is oorverkoop, wat die moontlikheid vir ‘n bons na bo meer waarskynlik maak. Die aandeel is vasgevang in die wig tussen lyn A (R91-09) en lyn B. Die optimisme van die formasie sal bo…

Grafieke praat – NEWUSD

Hierdie ETF gee jou blootstelling aan die Rand teenoor die Amerikaanse dollar in jou aandele rekening. Jy sal hier in wins wees wanneer die Rand teenoor die dollar verswak. Die stogastiese aanwyser bevestig die oorkoopte posisie van die Rand, wat die moontlikheid vir ‘n swakker Rand meer waarskynlik maak. Hierdie ETF is vasgevang in 'n simmetriese driehoek en bo lyn B (R18-48) sal die simmetriese driehoek 'n bul wiggie bevestig. Dit impliseer dat die swakheid in die Rand kan voortduur…

Grafieke Praat – 7 Mei 2020

Shoprite is die grootste supermark handelaar op die vasteland van Afrika. Hul nuutste kwartaallikse opdatering vir die periode geëindig in September 2019, het die volgende berig: omset het met 7,3% toegeneem, Supermarkte in RSA se verkope het met 10,3% in die laaste kwartaal gegroei. Die groep se ander bedryfsegmente, wat die OK konsessie, Computicket, MediRite-apteke en Checkers Food Services insluit, het 'n toename van 6,4% in verkope getoon. Die OK konsessie-afdeling het die verkope met 8,6% laat styg. Die stogastiese…

Posisie grootte vir CFD’s

Ons praat voortdurend oor posisie grootte wanneer jy CFD’s verhandel, maar wat beteken dit eintlik? Die grootte van ‘n posisie is niks anders as die aantal kontrakte wat jy op CFD's verhandel of die aantal aandele wat jy op ‘n slag koop nie. Met ander woorde, die blootstelling aan een instrument in 'n transaksie. 'n Risiko strategie is die sleutel tot suksesvolle verhandeling, indien jy wil seker maak dat jy nie jou rekening uitwis nie. As ons oor belegging praat,…

Twee gesonde maatskappye

Letterlik. Clicks Group, sowel as Dis-Chem, het eksponensieel goeie groei getoon sedert hulle op die JSE genoteer is. Vir Clicks was die groot jaar 1996 en vir Dis-Chem was dit in November 2016. Clicks Group bestaan uit verskeie van die voorste kleinhandel-markleiers in die land, te wete GNC, The Body Shop, Claire’s, Musica en Clicks. Die groep het meer as 870 winkels oor Suider-Afrika heen en besit die grootste kleinhandel-apteekgroep in die streek met meer as 545 in-winkel-apteke. United Pharmaceutical…

Aftree-annuÏteite: die Ontvanger se laatvatte.

Met die aanvang moet ek sê dat ek die onderstaande voorbeelde ter illustrasie, self ervaar het. Talle finansiële beplanners is baie lief daarvoor om Aftree-annuïteite (AA’s) as die Heilige Graal voor te hou vir ‘n sekere en gemaklike aftreedag. En terwyl hulle natuurlik heeltemal korrek is oor die positiewe eienskappe van AA’s is dit my persoonlike ervaring dat hulle geneig is om te fokus op dié positiewe eienskappe en die negatiewe eienskappe net ligweg in die verbygaan te noem. In…

JSE

Die JSE is al lankal nie meer die enigste aandele beurs in SA nie. Hulle nuutste finansiële resultate vir die 6 maande geëindig Junie 2018, het ‘n 7% toename in bedryfswinste. Die aandeel is erg oorkoop en die stogastiese aanwyser het reeds afwaarts begin draai wat beteken dat ons dalk eers 'n terugtrek kan sien. Voorheen het die 3 en 8 dae bewegende gemiddelde ‘n mooi lopie veroorsaak, maar as die stogastiese indikator na onder breek, sal dit nie lank…

Die Spar Groep

Met verloop van tyd en deur baie samesmeltings en oornames bedryf die SPAR Groep 6 verspreidingsentrums en 1 "Build-It" verspreidingsentrum, wat goedere en dienste lewer aan meer as 1 000 SPAR winkels in Suider-Afrika. SPAR International word verteenwoordig in 48 lande met 242 verspreidingsentrums en bedien 13,5 miljoen kliënte per dag. Hul jongste finansiële resultate vir die ses maande wat in Maart 2018 eindig, het 'n toename van 5,3% in inkomste en 'n 13,8% toename in wesensverdienste per aandeel gerapporteer.…

Quilter batebestuurders

Quilter batebestuurders is genoteer toe die welvaart been van Old Mututal ontbondel het. Hulle bestuur meer as £100 miljard van beleggings namens meer as 900 000 kliënte, en bedryf een van die grootste “rykdom” markte in die wêreld. Hul finansiële resultate vir die tydperk geëindig Junie 2018 het 'n toename van 2% in bates onder bestuur gerapporteer. Wins voor belasting het met 16% gestyg. ·         Die aandeel is oorverkoop op die stogastiese aanwyser wat die waarskynlikheid van 'n herstel lopie…

Gold fields

Goldfields het aan die einde van Augustus aangekondig dat hulle nog 1 560 mense by hul South Deep-myn gaan aflê. South Deep het 3 614 voltydse werknemers en 1 940 kontrakteurs. South Deep is hul enigste SA myn, hulle het hierdie myn in 2006 gekoop en sedertdien het die myn nog nie 'n wins getoon nie en het dit tot dusver R32 miljard opgeëet aan “ontwikkelingskoste”. Hul jongste finansiële resultate vir die ses maande wat in Junie 2018 geëindig het,…