Astec ontwerp, vervaardig en bemark toerusting en komponente vir die paaie-, aggregaatverwerking-, geotermiese-,water-, olie- en gas- en houtverwerkingsbedrywe in die Verenigde State en internasionaal. Hulle vervaardig meer as 220 produkte. Hul jongste tussentydse resultate vir die ses maande geëindig Junie 2018 het 'n afname van 9,7% in netto verkope getoon en hulle het 'n verlies vir hul tweede kwartaal gerapporteer.

 Die weeklikse kers grafiek het betrekking.

  • Die aandeel is oorverkoop en die eerste teken van krag sal sigbaar raak bo lyn A ($ 49-25).
  • Die toename in volume, saam met die styging in die aandeelprys, impliseer dat dit 'n soliede lopie mag wees, maar dan moet die aandeel bo lyn A konsolideer.
  • $45-48 is duidelik 'n sterk steun wat ook in Augustus 2017 getoets is en sterk genoeg gebly het.
  • Die aandeel het die 40 week bewegende gemiddelde ($56-98) verander in 'n weerstand wat as negatief beskou word.
  • Vir spekulante - Koop of oorweeg bo lyn A ($49-25), maar gebruik $ 45-48 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is $53-42, $55-12, $56-47, $57-46, $59-77, $60-41 en $61-98.
  • Vir medium tot langtermyn beleggers - Doen dieselfde as die spekulante hierbo indien u blootstelling aan die maatskapy verlang. Hou egter ingedagte dat die Nasdaq vir ‘n geruime tyd nie ‘n behoorlike korreksie ervaar het nie. Indien daar indeks onder druk kom, kan die aandeel dal kook onder druk kom. Peusel dus liggies.

Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders en Christelle is ‘n ook ‘n gerigestreerde makelaar: www.fransdeklerk.com, www.chris-tell.comTwitter naam: TraderFrans