[:en]Die plaaslike ekonomie se groei vir 2018 word geskat oor 1.1% deur die Internasionale Monetêre Fonds. Hierdie skatting kom van ‘n uiters lae vlak af, en indien die ekonomie wel kop optel, kan die plaaslike toerisme besigheid ook ‘n hupstoot kry.

Sun International het in Oktober 2017 aangedui dat hulle daadwerklike pogings gaan aanwend om hul skuld situasie aan te spreek. Op daardie stadium het hulle rondom R15,1 biljoen se skuld op hulle boeke gehad. Meeste van die skuld was egter opgebou deur uitbreidings en aankope van bates. Een van die mees onlangse aankope, wat R600 miljoen tot die skuld bygedra het, was die belegging in Time Square. Hulle het ook onder andere uitgebrei in Peru. Die plaaslike mark het hulle goed behandel alhoewel hulle sal poog om besetting van die hotelle te vergroot.

Hou ingedagte dat Sun International hou van ‘n swak Rand want dan kan buitelandse toeriste hul oorde “goedkoop en kompeterend” vind en indien die plaaslike ekonomie goed presteer, sal die normale man op straat dalk oorweeg om meer van hul oorde gebruik te besoek.

Kom ons kyk wat gebeur het op ‘n weeklikse lyn grafiek.

Kontak ons gerus vir meer navrae by admin@fransdeklerk.com.[:AF]Die plaaslike ekonomie se groei vir 2018 word geskat oor 1.1% deur die Internasionale Monetêre Fonds. Hierdie skatting kom van ‘n uiters lae vlak af, en indien die ekonomie wel kop optel, kan die plaaslike toerisme besigheid ook ‘n hupstoot kry.

Sun International het in Oktober 2017 aangedui dat hulle daadwerklike pogings gaan aanwend om hul skuld situasie aan te spreek. Op daardie stadium het hulle rondom R15,1 biljoen se skuld op hulle boeke gehad. Meeste van die skuld was egter opgebou deur uitbreidings en aankope van bates. Een van die mees onlangse aankope, wat R600 miljoen tot die skuld bygedra het, was die belegging in Time Square. Hulle het ook onder andere uitgebrei in Peru. Die plaaslike mark het hulle goed behandel alhoewel hulle sal poog om besetting van die hotelle te vergroot.

Hou ingedagte dat Sun International hou van ‘n swak Rand want dan kan buitelandse toeriste hul oorde “goedkoop en kompeterend” vind en indien die plaaslike ekonomie goed presteer, sal die normale man op straat dalk oorweeg om meer van hul oorde gebruik te besoek.

Kom ons kyk wat gebeur het op ‘n weeklikse lyn grafiek.

Kontak ons gerus vir meer navrae by admin@fransdeklerk.com.[:]